Welkom by Lekker Kampplekke
Radio Voortrekker Stereo
LIMPOPO WEGBREEK
Waar kry ‘n mens ‘n verskeidenheid wat strek van die Groot 5, bergreekse mooier as enige skildery, kulturele nalatingskap en geskiedenis soos nerens anders te siene nie? Die noordelikste provinsie van Suid-Afrika, Limpopo bied al hierdie en nog meer.
DINKWENG SAFARI CAMP (VAALWATER)
MBIZI GAME LODGE AND SPA (BELA BELA)
PALALA BOUTIQUE GAME LODGE (GROBLERSBRUG)
Die prentjiemooi Palala Boutique Game Lodge & Spa, slegs ‘n uur noord van Lephalale, is enige vakansieganger se droom. ‘n Kaleidoskoop van aktiwiteite beloof om jou goed besig te hou, of jy nou opsoek is na ‘n avontuur- of ‘n rus vakansie. ‘n Oneindigende mengsel van asemrowende uitsigte, terwyl jy in die swembad ‘n kelkie geniet, die alles met die gebrul van leeus in die Afrika bos. Verder bied Palala wildsritte wat deur professionele gidse gekoordineer word, staproetes en visvang op die oewer van die magtige Limpopo rivier. Verblyf is ontwerp met slegs een doel voor oë: luuksheid. Soliede hout meubels word afgerond deur ingevoerde linne, ruim badkamers en alleenstaande baddens. Palala is toegerus vir paartjies se groot dag, konferensies en spa, perfek vir enige droom vakansie.
LOEBIES GASTE PLAAS (BELA BELA) LIMPOPO
Al ooit die koning van die oerwoud hoor brul? By Loebies Gaste Plaas sal jy beslis die ervaring kan geniet! ‘n Roofdier plaas wat jy saam jou familie die geleentheid bied om meer te leer oor ons pragtige land se unieke roof diere. Loebies Gaste Plaas is slegs 20 minute vanaf Bela-Bela. Ideal vir ‘n vinnige ontsnap vanuit die besige gekreun van die stad, hetsy dit vir romanse is, of vir ‘n bosveld vuur wat kraak geluide laat onstsnap. Verblyf geriewe het verskeie opsies om van te kies, van ‘n Leeu huis tot ‘n Dam huis. Of jy nou wil roei op die dam en of jy op toer tussen die roofdiere wil wandel, of jy wil ontspan of herlaai-watokal die keuse, dit is beslis hoe jy sal wegry.
MPUMALANGA WEGBREEK
Gekroon deur die suidelike gedeelte van die wêreldbekende Kruger Nasionale Park, in die Oostelike deel van Suid-Afrika, lê die prentjie-mooi Mpumalanga.
LOSKOPDAM (MIDDELBURG) MPUMALANGA
KLOPPENHEIM COUNTRY ESTATS (DULLSTROOM)
Landelike luuksheid net buite Dullstroom – dis wat Gooderson Kloppenheim Country Hotel aan al sy gaste bied. Die Hooglandse Meander se mooi landskap laat gaste toe om beide te ontspan en asem te skep. Of jy nou ‘n konferensie wil hou, wil trou, ‘n romantiese ete geniet of ‘n familiefees – hier is iets vir almal. Selfs die wat daarvan hou om aktief te wees sal Gooderson Kloppenheim Country Hotel se ses foreldamme, staproetes, bergfietsroetes, vlugbal en boogskut geniet. As jy meer die tipe is wat daarvan hou om so min as moontlik te doen, is ‘n luilekker dag langs die swembad of ‘n sessie by die spa net die ding vir jou. Daar is drie verskillende verblyfopsies om van te kies, waarvan een ‘n selfsorg opsie is. Die restaurant bedien smullekker disse en die kroeg is ideaal vir ‘n knertsie na ete. Die hele hotel is stylvol gemeubileer en toegerus met bekostigbare luukshede.
TINYIKO KRUGER LODGE (MARLOTH PARK)
Is 'n wegbreek na Afrika se bosveld iets waarna jy smag? Wou jy nog altyd Marloth Park besoek? Marloth Park is 'n unieke bewaringsgebied wat ‘n tuiste bied aan talle wild- en voëlspesies. Gaste kan 'n persoonlike ontmoeting met natuur geniet terwyl luuksheid steeds die oorheersende faktor is. Tinyiko spog met sewe dubbelkamers om van te kies, almal met en-suite badkamers, toegerus met ‘n TV asook DSTV. ’n Heerlike ontbyt is ingesluit in die prys. Voëlkyk, pieknieks, wild stap-toere, fietsry roetes en wildsritte langs die Krokodil Rivier is slegs ‘n paar van vele aktiwiteite wat Tinyiko bied. Verder is daar dag-ekskursies na Swaziland, Mosambiek en perd safari’s in die naby-geleë omgewing om van te kies. Tinyiko Kruger Lodge is ideaal vir paartjies wat wil wegkom van die stad se gedruis, families wat Afrika se gesogte wild in hulle natuurlike habitat wil ervaar of 'n groep vriende wat gesellig saam wil kuier en die buitelug en natuur wil geniet.
NIRVANA GUEST HOUSE (NELSPRUIT)
Smag jy na ‘n blaaskans waar jy van die stad se raas en gebeure kan ontsnap? Dan is Nirvana Gastehuis net buite Nelspruit die antwoord. Die ligging self is iets besonders, die Laeveld se prentjiemooi natuur word ten volle benut en die gastehuis kyk uit op die wêreldbekende Chimp Eden. Die verblyf is luuks en stylvol gedoen in ‘n elegante Noord-Afrika tema. Daar is 13 suites om van te kies en die opsies sal vir almal van enkel-reisigers en paartjies, tot groepe of families werk. As jy ‘n unieke venue vir jou troue soek, kan jy maar gerus wees dat Nirvana Gastehuis jou en jou gaste op hul hande sal dra. Die kamers, asook die sprankelende swembad en tennisbaan is ideaal vir trougaste om oor te bly en ‘n hele naweek daarvan te maak. Nirvana Gastehuis is uniek en dis maklik om te sien hoekom dit so gewild is. Kom skop jou skoene uit en vergeet van die stad se lawaai want by Nirvana Gastehuis is ontspan aan die orde van die dag.
FOREST CREEK LODGE AND SPA (DULLSTROOM)
KWA MADWALA (HECTORSPRUIT) MPUMALANGA
ROYALE MARLOTHI SAFARI (MARLOTH PARK)
LIGNA LODGE (SABIE)
Ligna Lodge is geleë in die Sabie vallei aan die oewer van die Sabie rivier en is omring deur die asemrowende Drakensberg reeks. Ligna bied bekostigbare akkommodasie en beskik oor selfsorg kothuise, luukse rivier suites en hotelkamers. Vriendelike personeel is altyd gereed om u te ontvang. Geniet heerlike etes by die restaurant, langs die swembad of reel ‘n piekniek mandjie en ontspan in die natuurskoon langs die Sabie rivier. Gaste het toegang tot bergfiets en wandel roetes in die nabye woude, magiese watervalle en vele meer. Slegs 65 km vanaf die Phabeni-hek in die Kruger Nasionale Park maak Ligna Lodge die perfekte plek vir u volgende wegbreek naweek of vakansie.
SWADINI A FOREVER RESORT (HOEDSPRUIT)
Swadini is 'n Forever-oord wat sowat 35 km vanaf Hoedspruit in Mpumalanga en slegs 75 km vanaf die Orpen-hek van die Krugerwildtuin geleë is. Hier, tussen die Blyderivier-natuurreservaat en die dramatiese pieke van die Drakensberge, kan gaste op die oewer van die onsagwekkende Blyderivier ontspan.'n Wegbreek na Swadini bied jou die geleentheid om eksklusiewe bootuitstappies op die Blydedam te geniet, seekoeie en krokodille van naderby te besigtig en die bekende Tufa-waterval te besoek. Die Bourke's Luck Potholes, Pinnacle en Mac-Mac watervalle en God's Window is ook binne trefafstand. Geniet jou wegkomkans in jou luukse woning of gee uiting aan jou avontuurlustige kant met 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite.
LETSATSI GAME LODGE (SUID- VRYSTAAT)
Lekker kampplekke is op Zello.Kom sluit gerus aan by ons. As jy hou van die natuur en die buite lewe .Kom sit dan saam en deel of luister na die kamp stories en gesels oor alles en nog wat.
Hoe sluit u aan.?.Gebruik die volgende skakkel www.zello.com en laai die sagteware GRATIS op jou sellfoon of op jou rekenaar af.
Volg die instruksies en teken dan in.Soek dan vir die Lekker Kampplekke kanaal.Sien julle daar. — with Sampie Goosen.
About
Loret Truter loret@lekkerkampplekke.co.za
info@lekkerkampplekke.co.za
Lekker Kampplekke liedjie
Geen soortgelyke besigheid of verhuurings maatskappy het die reg om enige bemarking te doen op Lekker Kampplekke sonder ons toestemming nie.
Lekker kampplekke kan nie aanspreeklik gehou word vir enige haatspraak en/of negatiewe kommentaar oor besighede nie.
Kampplekke in Wes-Kaap
Kampplekke in die Wes-Kaap ! Vakansieverblyf van luukse asook bekostigbare en goedkoop kamp plekke in Wes-Kaap. Kyk na ons volledige lys van vakansie blyplekke in en naby Wes-Kaap. Gebruik die skakels hieronder en ontvang persoonlike aandag van die kamp eienaar wat dalk aan u spesifieke vakasiereis behoeftes sal kan voldoen. Hier is fotos van van hulle lekker kampplekke. U kan die eienaar direk kontak, navrae aan hulle rig en kwotatsies ontvang asook besprekings maak vir ‘n slaapplek.
Het jy ’n huisie op wiele maar is raadop oor waar om kamp op te slaan? LekkeSlaap het by ’n paar van ons gunsteling-kampeerplekke gaan inloer sodat jy nie verder hoef te soek nie! Of jy nou die seebriesie wil voel, in die bosveld wil skuil, of oor die Karoo-vlaktes wil tuur ─ ons wys jou 20 bestemmings waar jy behóórlik kan uitspan.
By die See
Morgan Bay Caravan Park
Morganbaai is omring deur ’n lang ongerepte strand, asemrowende kranse en hope doendinge vir besoekers. Morgan Bay Caravan Park lê op die Inchara-strandmeer se oewer en hiér kan jy onder ’n skaduboom kamp opslaan met die strand op jou voorstoep. Jy kan selfs jou kano saambring en hom sommer voor jou staanplek vasmeer!
Al die staanplekke het kragpunte, piekniektafels en braaigeriewe, sowel as toegang tot ablusiegeriewe. Daar is ook muntwasmasjiene en -tuimeldroërs. Maak seker jy bespreek een van die 14 staanplekke op die oewer!
Monks Holiday Chalets and Caravan Park
Dié karavaanpark aan die oewer van die Knysna-strandmeer het oorgenoeg koelte en hope doendinge vir oud en jonk. Jy kan lekker in die strandmeer afkoel, visvang, al langs die water stap, of sommer net voor jou karavaan op die gras ontspan. Monks is ook lekker naby die middedorp geleë, so jy hoef nie ver te ry om inkopies te doen nie.
Elke staanplek het ’n kragpunt en braaigeriewe, sowel as toegang tot die ablusiegeriewe. Daar is ook 4 karavane permanente karavane vir diegene wat nie hul eie huisie op wiele het nie.
Rocky Bay Resorts Caravan Park
Lieflike somers, matige winters en ’n perfekte ligging tussen goue strande, inheemse woude en golwende heuwels maak Rocky Bay Resorts regdeur die jaar die ideale vakansiebestemming! Die staanplekke is so te sê óp die strand geleë, so jy is verseker van ’n lieflike seebriesie én ’n uitstekende uitsig.
Die staanplekke het almal kragpunte en toegang tot die ablusiegeriewe. Daar is ook ’n muntwassery, ’n swembad en ’n vermaakkamer met ’n TV en ’n tafeltennisblad vir die kinders.
Yellowwood Forest
Yellowwood Forest is in Morganbaai aan die Wildekus geleë en net 1,5 km van die strand af. Jy kan die staproetes in die woud verken, visvang in die Morganbaai-dam of sommer net die merkwaardige voëllewe dophou. Daar is ook ’n teetuin, restaurant en kroeg op die perseel, sowel as ’n mark elke Saterdag waar vars groente, tuisgemaakte smulhappies en ander lekkernye verkoop word.
Daar is ’n verskeidenheid skaduryke-kampeerplekke om van te kies. As jy op soek is na rus en vrede stel ons voor jy slaan ver van die ingang af kamp op, maar as jy die kleingoed saambring, sal dit wys wees om naby die speelgrond uit te span. Daar is braaigeriewe en ’n paar waterpunte, maar weet net dat daar tog staanplekke is wat nie kragpunte het nie.
In die Bosveld
Umdobi Bush Camp
Umbodi Bush Camp lê in die bosveld in die hartjie van Zoeloeland. Dié boskamp is troeteldiervriendelik, so jy kan lekker saam met Wagter in die skaduwee langs die swembad ontspan. Sodwanabaai is ook net ’n kort entjie agter die stuur ver, so jy kan heeldag visvang, duik, swem of net op die strand ontspan voor jy die vuurtjie by die kamp kom aansteek.
Elke staanplek is eweredig tussen die skadubome versprei en in die bos versteek wat dit lekker privaat maak. ’n Kragopwekker sorg vir elektrisiteit by die staanplekke en daar is ook braai- en ablusiegeriewe.
Peppertree Lodge Caravan and Camping Site
Dié uiters netjiese en groen karavaanpark is net buite Bela-Bela geleë. Daar is ’n swembad, plonspoel, vlugbalbaan, netbalbaan én ’n speelparkie, so die kinders sal nie sommer hiér verveeld raak nie. Indien hulle wel uitgekuier raak, kan hulle ook lekker gaan stap, wildkyk, perdry of Zipline.
Die karavaanpark het staanplek vir 20 karavane, sowel as ablusiegeriewe met baddens en storte, braaigeriewe, kragpunte en waterpunte.
Moriti Bush Camp
Verbeel jou jy maak jou karavaan staan tussen hoë bosbome met groot vuurmaakplekke en net die rustige water van die Limpopo-rivier wat die stilte versteur … Maak jou dan gereed vir ’n egte bos-ervaring, want dís presies wat Moriti Bush Camp bied! Dié privaat boskamp is ideaal vir diegene wat die stadsgedruis wil vergeet en op soek is na ’n magiese avontuur in die bos. Moenie jou visstok by die huis vergeet nie!
Daar is 2 staanplekke ─ een met ’n kragpunt en een sonder ’n kragpunt, sowel as braaigeriewe en ablusiegeriewe.
Rossouwspoort Camping & 4×4 Trails
Rossouwspoort is net 10 km vanaf Thabazimbi in Limpopo geleë en dis perfek vir karavaankampeerders wat op soek is na ’n wegbreek met sommer ’n hele rits doendinge op die perseel. Hiér kan julle grotte verken, plaasdiere met die hand voer, 4×4-roetes aandurf, in die swembad baljaar, en nog baie meer.
Geriewe op die kampeerterrein sluit braaigeriewe, sentrale waterpunte en piekniektafels in. Elektrisiteit kan op versoek voorsien word, tensy jy aan die berg se kant kamp opslaan.
Langs die Rivier
Gourits River Eco-Camping
Dié eko-kampeerplek is aan die oewer van die Gouritsrivier geleë, net sowat 16 km van Albertinia af. Met die rivier só op jou voorstoep is daar ’n hele rits doendinge om van te kies — gaan stap al langs die rivier, vang vis, vaar op die rivier met jou kano, hou die voëls dop, swem, of verken die omgewing op ’n vierwielmotorfiets.
Daar is 3 kampeerplekke en gemeenskaplike ablusiegeriewe met storte, wasbakke en toilette. Nadat jy heeldag in die rivier baljaar het, kan jy ’n vleisie oor die kole gooi by die gemeenskaplike braaigeriewe. Let wel: Net ’n paar van die kampeerplekke het kragpunte.
Karnmelkspruit River Resort
Dié oord aan die oewer van die pragtige Karnmelkspruitrivier is ’n fantastiese vakansiebestemming vir natuurliefhebbers. Gaste kan lekker in die rivier swem en al die wandelpaadjies verken. Daar is ook ’n asemrowende kloof, ’n aasvoëlreservaat en ’n historiese treintonnel wat beslis die besoek werd is.
Dié kampeerplek het 25 staanplekke tussen die bome en struike op die randjie van die rivier. Die staanplekke het nie elektrisiteit nie, maar daar is wel ablusiegeriewe met warm water en ’n lapa met braaigeriewe.
The Growcery Camp
Kom kamp aan die oewer van die Oranjerivier, kuier om die kampvuur, en hou piekniek terwyl die son oor die rivier sak. The Growcery Camp is in Vioolsdrif in die Nababeep Bewarea geleë ─ ’n rustige omgewing met ’n uitsig op die omliggende kranse en oor die langste rivier in Suid-Afrika.
Daar is 3 staanplekke met plek vir 6 kampeerders en 7 staanplekke met plek vir 16 kampeerders. Gemeenskaplike ablusiegeriewe is beskikbaar. Elke staanplek het ’n onderdak-area met ’n toonbank, wasbak, kragpunt, asblik en braaigeriewe.
Middelvlei Camping
As jy jouself as ’n bobaas-hengelaar beskou, moet jy beslis by Middelvlei Camping kom afsaal. By dié kampeerterrein aan die oewer van die pragtige Asrivier kan jy baars- en forelhengel, sowel as bergfietsry, voetslaan en voëlkyk. Verder is dit ook net 38 km van die Golden Gate Hoogland Nasionale Park af wat beslis die besoek werd is!
Daar is 30 kampeerplekke met kragpunte en gemeenskaplike ablusiegeriewe met storte en toilette.
In die Karoo
Gemsbokfontein 4X4 en Kampterrein
Gemsbokfontein is omring deur berge en in ’n diep kloof tussen die Roggeveldberge geleë. Dis die ideale wegbreek vir ’n groep 4×4-entoesiaste wat mal is oor die unieke natuurskoon van die Karoo. Dié kampeerterrein is in die Moordenaarskaroo geleë, maar moenie dat dit jou afskrik nie ─ dis die ideale plek om te kom voetslaan, bergklim of om een van die 4×4-roetes aan te durf voordat jy saans onder die sterre om die kampvuur kuier.
Daar is 10 staanplekke, 2 spoeltoilette en braaigeriewe. Let asseblief daarop dat die kamp slegs met ’n 4×4-voertuig en -karavaan bereik kan word.
Sterland Kampering
Sterland Kampering is ’n lieflike kampeerterrein wat deur populierbome omring word en net 1 km buite Sutherland geleë is. Saans tussen 20:00 en 22:00 vertel jou gasheer, Jurg, jou van die sterre, voordat hy julle na sy teleskope neem. Doen jouself ’n guns en maak ’n draai by die die NP van Wyk Louw-museum, verken Oubergpas se skilderagtige roete en besoek natuurlik die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond.
Elke staanplek beskik oor ’n elektriese kragpunt en braaigeriewe. Daar is drie gemeenskaplike waterpunte, sowel as ablusiegriewe met elektriese geisers, opwasgeriewe en ’n wasgoedlyn. As die wind ’n bietjie lastig is, kan julle in die gemeenskaplike boma, Muisbos, om die vuur gaan kuier.
Taaiboskraal Boskampe
Taaiboskraal Boskampe lê op ’n stil plaas in die hartjie van die Kamiesberge in Namakwaland. Hiér is verskeie doendinge wat die hele gesin sal besig hou, soos voetslaan, bergfietsry en voëlkyk op die plaas, of ’n verkenningstog deur die Goegap Natuurreservaat, die Namakwa 4×4-roete, of die blomroete.
Daar is 4 aparte kampeerterreine wat onderskeidelik 2, 4, 6 en 10 staanplekke het. Elke staanplek het ’n spoeltoilet en sy eie boma. Die gemeenskaplike ablusiegeriewe het storte en is by die plaashuis geleë, sowat 1 km van die kampeerterrein af.
Spitskop Veldkamp
Dié basiese kampeerterrein is op ’n plaas langs die R62 net buite Oudtshoorn geleë. As jy lief is vir die veld, op soek is na rustigheid en jouself as ’n geharde kampeerder beskou, is dié kampeerplek ideaal vir jou! Wild loop vrylik op dié 230 hektaar-plaas rond, so hou saans jou ore oop vir ’n jakkals se geroep.
Hier is slegs ’n spoeltoilet en braaiplek. Jy moet jou eie kooktoebehore, kamptoerusting en water saambring want daar is nie lopende water by die kampeerplek nie. Wenk: Hou die Karoo se temperature in gedagte en maak voorsiening vir warm en koel weer.
Tussen die Berge
Mount Ceder
Mount Ceder in die Sederberge is omring deur ru en dramatiese berge. Die rivier is net ’n entjie se stap ver, so bedags kan jy die rivier in ’n kano verken, stap, voëlkyk en swem, en saans kan jy die sonsondergang vanuit jou kampstoel bewonder.
Die drie kampplekke is lekker ver van mekaar af om jou privaatheid te verseker. Elke kampplek het sy eie ablusiegeriewe, ’n kombuisarea en braaigeriewe. Daar is nie elektrisiteit nie, maar wel gas en sonkrag.
Nature’s View
Dié kampeerterrein aan die voet van die Sederberge lê op die Olifantsrivier se oewer en bied tientalle doendinge soos voetslaan, swem, kajakvaart, visvang, boogskiet, verfbal en voëlkyk.
Daar is 20 staanplekke met kragpunte, braaigeriewe en ruim ablusiegeriewe, sowel as ’n swembad, kroeg en ’n speelparkie vir die kleinspan.
Bosrivier Campsite
Bosrivier is ook aan die voet van die Sederberge 7 km buite Citrusdal geleë en bied lekker rustige kampplek met net die geritsel van die blare en gekabbel van die water wat die stilte versteur. Die kampterrein het gemeenskaplike braaigeriewe langs die bergstroom waar julle in die swemgate kan baljaar en op die gras in die skadu kan uitspan.
Daar is 5 kampplekke wat elkeen plek vir 6 kampeerders bied. Elke staanplek het sy eie ablusiegeriewe, braaigeriewe en afdakkie met ’n wasbak, asblik en kragpunt.
Towerkraaltjie
Towerkraaltjie skuil aan die voorheuwels van Towerkop in die Dwarsriviervallei en bied ’n ontspanne atmosfeer en pragtige uitsigte op die Klein Swartberg vanaf jou kampstoel. Van hiér af kan julle die pragtige Hoekovallei, die Seweweekspoort, die Anysberg Natuurreservaat, verskeie voetslaanroetes en die 2 plaaslike kaasfabrieke besoek.
Die staanplekke beskik elkeen oor kragpunte, waterpunte, skadubome en draagbare braaigeriewe. Die gemeenskaplike ablusiegeriewe is volledig toegerus, en daar is ’n wasgoedlyn en ’n opwaskamer vir skottelgoed en wasgoed.
Daar het jy dit! Met dié rits karvaankampeerplekke het jy nie meer ’n verskoning nie ─ begin sommer vandag aan julle volgende vakansie op wiele beplan.
Popular Posts
-
Sabie River Camp
Selfsorgeenhede: 27
Tents on Stilts: Share ablution and Kitchens with other guests, Need own utensils, cutlery and towels. Bedding is provided. Sleep max 4 people. [Double bed and Bunker bed] = 12 units
Safari En-Suite tent: Private Bathroom and kitchen with utensils, cutlery and bedding provided. Need own towels. Sleep max 6 people [2 x 3/4 Beds and 2 x Bunker beds] = 8 units
Safari En-Suite tent: Private Bathroom and kitchen with utensils, cutlery and bedding provided. Need own towels. Sleep max 6 people [Double bed and 2 x Bunker beds] = 7 units
-
Deelfontein Gasteplaas
STREEK: Vredefort Koepel
PROVINSIE:VrystaatTwee volledig toegeruste gastehuise (11 en 16 beddens) en `n rondawel met dubbelbed verskaf selfsorg-verblyf op die plaas Deelfontein in die hart van die Vredefort Koepel, ´n afgesonderde berggebied met asemrowende natuurskoon. Staproetes, bergfietsroetes, en `n groot swembad bied moontlikhede vir buitelugaktiwiteite. Koste: R280 per persoon per nag. Groepsafslag van 25% vir groepe van minstens 6 mense wat twee nagte oorslaap. www.deelfontein.co.za
-
Fraaigelegen Farm
'Fraaigelegen Farm is just a 90 min. drive from Cape Town. Nestled under the majestic Witzenberg Mountains, in the Boland region of the Western Cape, the self-catering cottages are within easy reach of Tulbagh, Wolseley, Ceres and Prince Alfred’s Hamlet, along the famous Route 62 Winelands route
-
Yacht View
This home is in the most sought after street in Schoemansville (Karel Street). This is a break away from city life. Come talk to your children and your husband and wife. Leave the tv’s in the city and rather bbq together. However, if you do need something to keep you or your kids busy with, we do have FREE UNLIMITED WIFI. The property boasts a large entrance hall which has a high volume ceiling, allowing endless possibilities to invite the guests into either the house with the best view in town. The luxury rooms, have sliding doors opening onto a veranda, which overlooks the well-kept garden and swimming pool.
Advertise
Wow wat n lekker rustige kampplek. Klein genoeg dat jy nie vertrap word nie. Veilig genoeg dat jou kids rustig kan rond hardloop terwyl jy verlore slaap inhaal. Eienaars is daagliks betrokke en sorg dat jy optimaal ontspan en wat jou onmiddellik tuis laat voel! Die bar/ kuierplekkie is heerlik waar jy lekker kan afkoel saam kuier en nuwe vriendskappe maak!! Netjiese ablusie geriewe en baie netjiese kampeerarea Beveel dit beslis aan vir ten minste 1 keer n maand! ~ Antoinette Kok Oosthuizen, Pretoria
Ons was die gelukkiges om die heel eerste besoekers te wees. Watter wonderlike ervaring om die plek te kon besoek met die heel eerste kamp naweek. Grand opening Ons was die heel naweek op ons hande gedra. Van rondry in die veld, speeletjies speel ,swem,lekker kuier by die kroeg en vermaak deur twee pragtige dogters van Frank en Alicia. Niks vir hulle is te veel nie. Enige voorstelle en aan bevelings word verorber. Julle gesin gaan met passie in vir dit wat julle doen. Sien julle een van die dae weer. Rust Oord is werklik n wegbreek naweek werd want hier kry jy nog mense wat omgee. Geluk aan julle en hou so aan. ~ Otto Raap, Pretoria
Hierdie plekkie is beslis n wenresep vir enige iemand wat di natuur geniet. Heerlik en rustig. Staanplekke is lekkr groot kan gemaklik jou karavaan intrek... Heerlik gekuier. Natuur is pragtig en wildsbokkies wat jou verras as jy dit die minste verwag. Aande met skemer so mooi met veraf geroep van jakalse en leeus wat brul. Pragtige skoon rusoord in die ware sin van di woord. Bederf jouself met n wegbreek waar die stilte en di natuur jo hartsnare raak Moet dit nie mis nie... ~ Valerie Lombard, Meyerton
Ons het baie lekker gekamp by Rust Oord in die hartjie van die Bosveld. Lekker skoon geriewe en baie rustig. Dankie Frank en Alicia. Julle sien ons verseker weer. ~ Antonie Janse van Rensburg, Pretoria
Wow.... What a wonderful place. Peaceful, relaxing and you are surrounded by bush and the roar of the lions at night. Their facility is clean and top notch... Your hospitality is amazing. We enjoyed our weekend with you Rust Oord. Thank you Alicia for you and your family. ~ Natashia Claassen, Kempton Park
Heerlike gekuier by Rustoord in Brits die naweek. Was baie rustig en net die diere se geluide om jou sielsrus te herstel. N definitiewe skat weggesteek in die bos. ~ Amelia Young, Johannesburg
Mooiste natuur wegbreek. Hierdie Rust Oord bring die kalmte in my soos ek dit soek. Die ablusie geriewe is netjies ten alle tye net so is die hele oord. Frank en Alicia julle mag maar onthaal. Julle is top gashere met soveel vriendelikeheid, omgee en liefde het julle hierdie Rust Oord aangepak en julle passie vir ons as kampeerders en julle plekkie sal mense nog toue staan en wag vir 'n spasie by julle. Ek beveel julle aan vir enige iemand wat lekker wil wegbreek in julle mooie bosveld oord. ~ Marina Marx, Brits
'n Diamant in die hart van die bosveld. Kampeer plek is groot, netjiese mooi ablusie blokke, kids wat die parkie lekker geniet so by die swembad en die lekkerste kuier plek in die bar wat ek al ooit in gekuier het. Die eienaars het baie ingesit in 'n kort tyd en weet dat die oord 'n reuse sukses voorentoe gaan wees. As ek 'n Miljoen sterre kon gee vir die plek het ek met geen twyfel nie ~ Ben Senekal, Kaapstad
Tags
Julle kan verseker gaan kamp by Rust Oord buite Brits... Staanplekke is gesellig met silver skoon ablusie blokke.. Lekker swembad en Gesellige kroeg...Heerlik!!!!......Weereens dankie vir alles Frank en Alicia!!....Met julle 2 raakvatters gaan julle oord nog een van die bestes in Noord Wes word...Sien al klaar uit na my volgende kuier.... ~ Adriaan vd Bergh, Bloemfontein
Lekker gekamp by Rust Oord net buite Brits. Lieflik in die hartjie van die bosveld met al die nodige geriewe wat ek as 1ste kamper nodig gehad het. Het dit vreeslik geniet met baie lag en lekker kuiers en splinternuwe skoon geriewe. Veilig en rustig, met al die elemente wat die natuur jou bied, en dan is dit nog goedkoop met n baie bekostigbare bos kroegie ook. Kan waarlik die plekkie aanbeveel, vir oud en jonk wat net wil wegbreuk van die normale stadslewe met die rustigheid van die bos en eukhoringtjies en verskeidenheid voëls met die aller vreemdste geluide wat ek nog gehoor het. 10 uit 10 Alicia en Frank vir wat julle al vermag het tot dusver by Rust Oord. Sal julle beslis weer besoek. ~ Morné Mulder, Kroonstad
Wat 'n absolute wonderlike naweek, daar as vreemdelinge opgedaag en gister ons goeie nuwe vriende moes koebaai se Die oord se fasiliteite is uit die boonste rakke en is deur dierbare ordentelike mense bestuur, niks is te veel moeite nie, en die gasvryheid en vriendelikheid is iets om te beleef, baie baie dankie aan Frank, Alicia en Salome vir julle vriendelikheid en lekker kuier Ons sal beslis weer by Rust Oord kuier, sien hopelik in Junie of Julie, maar defnitief 9 Augustus, kanni wag nie Tot dan, sterkte en Seening van bo ~ Jack & Sharon Visser, Krugersdorp
Wow ... wat n lieflike lekker rustige kampplek!! Netjies, skoon, veilig en die mense is fantasties. Die pub/boma is heerlike kuier plekke waar jy lekker saam kuier en nuwe vriendskappe maak!! Beveel dit beslis aan. Baie dki Frank en Alicia. ~ Jumaine Engelbrecht, Kempton Park
Here you get personal attention from the owners who are amazing people's people. New resort that is not the typical mainstream resort. All the facilities are brand new and restrooms are just wow. Resort is aimed at getting couples and families close to nature with lots if birdlife and in the early mornings you hear lions roar. A small well stocked bar, pool, trampoline, jungle gym and see-saw provides entertainment for kids and adults alike. ~ Rico Bester, Kempton Park
Baie lekker en verbaas oor veral die volgende - Pragtige rustige oord; Wonderlike geriewe; Lieflike mense; Baie billik veral vir senior kampeerders; Mens moet verseker nie net 1 nag oorbly nie; Hierdie eienaars maak baie seker dat almal gelukkig en tevrede bly. Vir ons het hulle selfs ons fietse reggemaak; Baie veilig. Gaan kuier vir hierdie juweel van n plekkie in die bosveld. ~ DonnaMarie Oost, Somerset Wes, Wes Kaap
Ons het hier kom staan vir n maand en as gevolg van die gevoel in die kamp bly ons nou drie maande. Ons karavaan kamp al vir BAIE jare en hierdie is een van die lekerste kampe wat ons nog by was. Elke staanplek is privaat in die bos met eie waterpunt kragpunt en lig. Ablusie blokke is silverskoon en nuut. Leeus brul elke oggend en aand en dan hoor mens ook hieena en jakals tussendeur. Eienaars gaan uit hulle pad om te help. Die bosveld gevoel stilte en rustigheid maak hierdie plek baie spesiaal. ~ Frank Sleigh, Bloemfontein
We went camping end April public holiday. All I can say is WOW ? and wow. The atmosphere was unbelievable hearing the lions roaring so close by send shivers down your spine the quietness going into your soul. My son and his family got lost driving there and Alicia went out of her to meet them to show him the way, she and her husband are really the best hosts I have ever come across nothing is to much for them and they have a passion to ensure their guests are happy and have a vision on how to keep the camping experience unforgettable. The camping sites are beautifully kept and neat and tidy. The ablutions are always clean. This will become our frequent breakaway from home. See soon Alicia and Frank ~ Heather Bezuidenhout, Pretoria
So glad we discovered this little gem! Close to Joburg, clean and maintained facilities, play area for the kids, heated pool, a bar and the tranquility of the Bush. Perfect for a quick getaway. Owners are chilled and accommodating. A really lovely place to relax. ~ Lauren van Zyl, Johannesburg
Awesome place, friendly staff. Can’t wait to go back ~ Izak Joubert, Pretoria
The welcome was the most positive experience, help was offered by everyone we encountered.!! The jovial energy of the owners and assistants contributes to a most enjojyable visit ~ Molleen Neale
We loved everything about this campsite. The hospitality is amazing, the ablutions are beautiful and always clean. We fell in love with this place and have already booked our next stay. ~ Lundi Cronje, Kempton Park
Rust Oord doen gestand aan sy naam. rustig en mens kan jou batterye herlaai vir die week wat voorlê. julle sien ons beslis weer gou. Dankie Frank en Alicia ~ Lin Grotsius, Pretoria
Die naam se dit sommer. Jy rus en luister na die stilte. Kamp staan plekke is lieflik groot en het ordentlike braais, en as jy beligting soek by jou braai het hulle dit beslis wat jy kan afsit as jy na die sterre wil sit en kyk terwyl jy na die gebrul van leeus hoor en hyienas hoor op ‘n ander plaas net agter Rust Oord. Die badkamers is baie skoon en netjies. Daar is ordentlike opwas plek vir jou skottelgoed. Buite warm water swembad wat heerlik is. Lekker kroeg as jy ‘n koue een wil kry. Hulle is besig om winkel te bou wat lekker sal wees. Hulle is diere vriendelik. Baie gasvry. Jy voel sommer welkom. ~ Amanda Roets, Benoni