RADIO EENDRAG GEDIGTE
Suid-Afrika: my land
Jy’s indrukwekkend, manjifiek
jou sondeurdrenkte landskappe
weerkaats helder beelde in my siel
jou pragtige wonders flikker oneindig
lank in die stilte van jou nagrus
Mount Aux Sources – so elegant en grasieus
verrys jy vanuit die voetheuwels, soos
‘n fakkel by die Spele ets jy lekkende
beelde teen die muur van my geheue
en voel ek jou hitte gloeiend teen my hart
O Blyde! ek fantaseer oor jou
magiese kragte wat jy sorgloos
en galant in die galery van my
stille gemoed stilletjies uitpak terwyl
my dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes
Moederstad! hoe inskiklik laat jy my
telkens hakkel wanneer ek my herinneringe
sagkens koester – jou fasades!
waar ek jou gambiet betree
en gewillig my pionne oorgee
En saans voel ek jou fluweelagtige
skoonheid van elke sonsondergang
stadig neerdaal in my gemoed terwyl
ek stadig drink van jou geloofs-fonteine
wat borrellend bruis in oorvloed
Fragmentaries vier ek feeste
ek dans en omhels jou en jy -
jy blus my gees telkens met jou
magiese heildronke: een-vir-een
op ‘n toekoms – wat mag wees!
(Geskryf Nikita 14/8/09 )
Die Beste
Ek is aan jou verknog
Jy is vir my ‘n sieraad
Jou wingerdstokke groei welig
in my opgeploegde land
Jy is besprinkeld met
onbeskaamde liefde en
jy bring voort troetelkinders
Jou sprekers strek
van die Ooste na die Weste
en jy bly verreweg
Die Beste!
(Geskryf Nikita )
Die Beste
Geil lusern in die laagste landjie;
Geil groen blare en blomme blou;
Aalwyn rooi op die voorste randjie,
Rooi soos bloed teen die rotse grou;
Somer en son en saffier daarbowe;
Ruik van die keurbos rondgesprei;
Kort klein skadu’s oor die klowe;
Somer en son en saffier vir my!
Wonder van kleure uitgesprei –
Wat is daar meer deur die dood te rowe?
Somer en son en saffier vir my!
Hoog oor die water skommel die vinkies,
Vol van die vreug van die somerdag;
Bly die gekwetter van bruin tinktinkies;
Blyer die son wat goudgeel lag.
Algar wat lewe, algar tevrede,
Hoog op die heuwel en laag op die vlei;
So was dit gister, en so is dit hede –
Somer en son en saffier vir my!
Heer, wat die hemel oor my sprei,
Dit is my eerste en laaste bede:
“Somer en son en saffier vir my!”
Het jy ’n vrind wat jou hand kan vashou?
Vrinde vergaan en faal in nood!
Het jy ’n vyand, jou grootste las nou?
Vyande, vrinde gaan algar dood!
Wat’s dit vir my as die gras vergrys word?
Somer sal kom met sy groen daarby;
Wat as in winter die water ys word?
Somer en son en saffier sal bly.
Boetie, ek vra jou, wat sê jy?
Wat’s dit vir ons as die gras vergrys word?
Somer en son en saffier sal bly.
Roem van mense, rykdomme, pragte –
Alles vergaan soos die mis op die vlei:
Sterre wat skiet in pikdonker nagte,
Het langer lewe as roem kan kry.
Boetie, as ons nou ’n keus moet wae,
Hier op die wêreld, wat vra jy?
Roemryke lewe en lengte van dae?
Somer en son en saffier vir my!
Boetie, as jy nou jou keus kan kry,
Wat is die wens wat jou hart sal wae? –
Somer en son en saffier vir my!
(Geskryf C. Louis Leipoldt (1880-1947)
Transformasie
Herfs het my wêreld stadig binnegesluip
omhul in ‘n sluier van rooi en goud
Ek snak na my asem by die aanskoue
van die transformasie – die wonderlike natuur!
Soete doudruppels gly van ‘n grashalmpie
met die verbygaan van raserige eende
Ek dwaal na die warmte van verlore gedagtes
versteek waar stof en tyd dit nie kan vind
Die laatmiddag son op my vel, jou lippe
wanneer weerstand verkrummel
deur jou vingerpunte - Ek weet, nie lank,
dan sal Winter se koue winde begin waai
maar Herfs se warmte sal my by-bly
Met gedagtes aan jou op die koel Herfs-oggend
koester ek die warm gedagtes aan jou verewig
Winter
Nou lê die aarde nagtelang en weekin die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons ’n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis?
(Geskryf N P van Wyk Louw)
Ek is aan jou verknog
Jy is vir my ‘n sieraad
Jou wingerdstokke groei welig
in my opgeploegde land
Jy is besprinkeld met
onbeskaamde liefde en
jy bring voort troetelkinders
Jou sprekers strek
van die Ooste na die Weste
en jy bly verreweg
Die Beste!
(Geskryf Nikita )
Afrikaans
Die taal wat ek liefhet
Afrikaans
Die taal wat ek praat
Afrikaans
Die taal waarin ek dink
Afrikaans
Die taal waarin ek droom
Afrikaans
Die taal van my hart
Afrikaans
Die taal wat ek koester
Vir nou en altyd
Afrikaans
Jy is myne
Afrikaans
Jy is nou
Afrikaans
Jy is besonders
Afrikaans
Jy is uniek
Afrikaans
Jy is getrou
Afrikaans:
My denke
My wese
My lewe!
se sluise word te maklik
toegesluit,
klipkraalmuur word langsaam
afgebreek -
murasie lê bleek en kil,
blomklip klou verbete vas
en begrawe eie drome
onder verrotte blaremat
beurend voort om rook-vaal lig
met viooltjies te omlyn
tog word 'n felle son
soms toegelaat
om tussen fynbosvlaktes
vuur te maak
maar net jý kan
'n silwer maan
laat dobber en stol
bo jou eie
blinkgeverfde horison.
-
Baby , my bekkie bokkie-blom
Baby , my bekkie bokkie-blom( * Geskryf te Mabote RUDI COETZER )
tussen berge waar die lug
nog skoon is die natuur nog
ongerep is ñ mens nog asem
kan haal
Baby , my bekkie bokkie-blom
tussen berge waar die water
nog suiwer is kranse op na die
hemel reik waar ñ mens nog
vry is
Baby , my bekkie bokkie-blom
tussen berge waar ñ mens
nog mens is
mens ek en jy saam om die
vuur met ñ vlam vir mekaar
wat in ons binneste brand .
Baby , my bekkie bokkie-blom
in hierdie heilige uur met nag
wat van buite die boma se latte
grootoog en jaloers vir ons loer
skryf ek jou naam in die wasem
teen my hart se ruite :
Baby , my bekkie bokkie-blom . -
Toe ek jou die eerste keer sein
Toe ek jou die eerste keer
sien moes ek reeds al
vermoed dat jy meer as
vriendskap sou bring aan
my; binne my bloed
was daar ‘n tinteling wat
skielik kom,‘n helder gloed
het jou gesig omstraal met
heiligheid, jou kon ek bemin
tot in ewigheid.
( Geskryf Gert Strydom ) -
Eensaam die wind...Die naglug is koud en onvriendelik
word ek uit my rustige wêreld geruk
met die besef dat die wind waai waar hy wil
aan hom maak dit nie saak of jy alleen is nie
- dit maak geen verskil
Trek ek die kombers stywer om my lyf
in 'n poging om die alleenheid te verdryf
maar kunsmatigheid kan nooit die intieme hitte
van n vrou vervang dit is na haar wat ek verlang
Die naggeluide om my fluister dat my vriende
naby is en verstaan die eensaamtye waardeur ook
ek soms moet gaan maak my hulle wat my ken Meer
waardeer want hulle ken ook my pyn en my seer
Bid ek om nooit verbitterd te wees en kameraderie
aan te bied sodat ook Jesus se Wil deur my
aan my medemens sal geskied
Eendag weer sal ek die tweesaamheid ervaar
sal ek die maer jare agter my kan plaas en die
mooi bewaar want saam sal ons asemhaal en
voluit lewe met God eerste - is dit 'n gegewe....
( Geskryf Bosveld )